Laerskool Kathu Graad 3-spreekkore presteer by die Nasionale Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die graad 3-groep van Laerskool Kathu. Wat ’n ongelooflike prestasie! Hierdie jaar het al agt Graad 3-registerklasse se onderwysers van Laerskool Kathu ’n spreekkoor ingeskryf vir die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika (NEA). ’n Rekordgetal inskrywings vir ons skool! (Afgesien van die vyf ander spreekkore, Gr.4-7, wat ook ingeskryf het.) Die NEA-byeenkoms is op 3 September 2025 in die Meerkatteater by Laerskool Kathu aangebied en dit was ’n dag om te onthou! Die harde werk, ure van voorbereiding en onbaatsugtige opoffering deur die onderwysers het beslis vrugte afgewerp. Die puik resultate spreek boekdele! Meer as dit, was dit ’n ervaring wat ons klasmaats vir altyd in hul harte sal dra. Baie dankie aan elke graad 3-onderwyser. Julle toewyding en passie is iets besonders!

















