Laerskool Hartenbos Top 10 atletiek prestasie
ADVERTISEMENT
Laerskool Hartenbos het Vrydag, 18 Oktober 2024, deelgeneem aan Hoërskool Bredasdorp se BD’s TOP 10 byeenkoms. Ons atlete het pragtig presteer en die byeenkoms gewen. Nianke Fourie is aangewys as 0.10 dogtersatleet van die dag en beste veldatleet. Sy het ook ‘n spesiale medalje ontvang omdat sy die beste algehele atleet van die dag was.
Vlnr: Wiehan Serfontein, Lihan Lategan, Ruvan Pretorius, Hercu Fourie, Nianke Fourie, Jana Terblanche, Danique Burger. Afwesig: Luan van Zyl, Maria Wolfaardt en Jacques van Wyk










