Laerskool Eversdal leerders vaar uitstekend in kultuur
ADVERTISEMENT
Laerskool Eversdal leerders vaar uitstekend in kultuur
Gedig: Veels geluk aan Nina Kotze! Sy het ingeskryf vir die kompetisie ” Ink Skryf In Afrikaans”. Sy het twee gedigte geskryf wat gepubliseer gaan word in die bloemlesing “Inspraak 4.” Voorwaar ‘n puik prestasie!
Nina en Gys Burger (Skoolhoof)
Bybelvasvrae: Ons het 3 spanne gehad wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het. Daar het 92 spanne het landwyd deelgeneem. Eversdal se spanne het `n 2de, 16de en 25ste plek behaal. Die een span is aangewys as die provinsiale wenners asook 2de plek landswyd behaal in die uitdun rondte. Hierdie span gaan deelnaam aan die finale rondte by Klein Kariba wat van 20 – 22 Oktober 2023 plaasvind.
Agter v.l.n.r: Mev. Marilize Olivier (koördineerder), Ané Bowman, Mieke Fourie, Tian Serfontein, Mnr Gys Burger (skoolhoof) Voor: Emma Kriek
Everdrama: Tydens die Kalahari Toneelfees in Kathu, het die Everdramagroep twee toekennings ingepalm. Mikhail Strauss is aangewys as die beste Junior Akteur vir sy rol as Toon in die Adv. Markus produksie. Mnr. Anton Nortier het die trofee gewen vir Beste Regie vir die produksie Adv. Markus. Mnr. Anton Nortier het ook die toekenning ontvang vir Beste Regisseur by die ATKV Tjokkertoneelfees.
Tygerberg Kinderkoor:
Baie geluk aan 2 van ons Evers wat verkies is tot die Tygerberg Kinderkoor.
v.l.n.r: Jezreel kaiser, Chelsea Kulsen en Mnr Gys Burger (Skoolhoof)
Seniorkoor: Ons Seniorkoor het ‘n 4de plek behaal by die ATKV Applous Nasionale Koorkompetisie.










