Laerskool Bosveld Graad RR’e word besoek deur Bessie en Bossie
ADVERTISEMENT
Bessie en Bossie is ons skool se twee “gelukbringers” en het ons graad RR’e kom verras met ‘n besoek. Hulle het ons leerders op hul tone gehad met ‘n dans-passie. Al die Laerskool Bosveld graad RR’e was baie opgewonde om deel te kon neem aan die aktiwiteite. Hulle het ook die geleentheid gekry om tyd saam Bessie en Bossie te spandeer en hul beter te leer ken deur ‘n paar vrae aan hulle te vra. Die leerders is bederf met lekkergoed en wil net weet wanneer Bessie en Bossie weer gaan kom kuier.











