Hoërskool Framesby spog met hul unieke klub hoedjies
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framsby unieke Klub 1000/100 hoedjies het amptelik gearriveer! Mnr. K. du Preez het die eerste hoedjie met trots aan Mnr. M. Germishuys oorhandig. Alle huidige Klub 1000/100 lede sal hul hoedjies binne die volgende maand ontvang. Hierdie eksklusiewe versamelstuk kan Saterdae tydens sportdae gedra word en dien as ‘n toegangskaartjie wat beteken dat alle huidige lede gratis toegang tot sportgeleenthede sal hê. Dankie aan al ons lede vir jul ondersteuning!









