Laerskool Stulting Primary Gr 2’s het die week op ‘n heel prettige wyse afgesluit
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Stulting Primary Gr. 2’s het die week op ‘n heel prettige wyse afgesluit. Hulle het tydens ‘n skeppende kuns aktiwiteit sommer so speel-speel en proe-proe meer van 2-D en 3-D vorms geleer. Hulle moes gebruik maak van jelly tots, marshmallows en tandestokkies om vorms ens. te bou. Sommige maatjies het heel kreatief geraak en ‘n paar “wolkekrabbers en luukse standhuise” is tydens hierdie aktiwiteit ontwerp.


























