Laerskool Bertie Barnard o. 13 “6 – a – side” krieketspan we die Laerskool Volschenk toernooi
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Bertie Barnard o. 13 “6 – a – side” krieketspan wat deelgeneem het aan die Laerskool Volschenk “6 – a – side” toernooi. Dit was ‘n moeisame toernooi met sterk spanne wat teen mekaar kompeteer het. Ons seuns het ware karakter, vasberadenheid en deursettingsvermoë getoon en het daarin geslaag om al hul wedstryde te wen. Laerskool Bertie Barnard is uiteindelik as Toernooi-wenners gekroon.

u. 13 “6-a-side” Krieketspan









