Laerskool Bertie Barnard atleet presteer by die SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Walter Krumm het amptelik sy plek in die Wes-Kaapse Atletiekspan verseker en het ons provinsie met trots verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe op 21 en 22 Maart. Walter se toewyding, harde werk en passie vir atletiek het vrugte afgewerp, en sy deursettingsvermoë maak hom ‘n inspirasie vir sy mede leerders. Met sy oog op sukses, gaan hy sy beste gee op die nasionale verhoog. Ons is ongelooflik trots op Walter en wens hom alle sterkte toe vir die kampioenskappe. Laerskool Bertie Barnard staan agter hom en sien uit na sy vertoning tydens hierdie groot geleentheid!










