Laerskool Bellville-Noord se krieketseisoen begin op ‘n goeie noot
ADVERTISEMENT
Die krieketseisoen het op ’n uitstekende noot vir Laerskool Bellville-Noord afgeskop, met twee indrukwekkende oorwinnings wat sommer vroeg reeds die span se vasberadenheid en harde werk beklemtoon het.
Die o.13A-span het teen hul bure van Laerskool Bellville te staan gekom in ’n wedstryd wat van begin tot einde kompeterend was. Bellville-Noord se spelers het met selfvertroue en dissipline gespeel, met sterk boulwerk wat die opponente onder druk geplaas het. Die kolwers het daarna kalm gebly en verantwoordelik hul kanse benut om die lopietelling suksesvol te jaag. Dit was ’n spanpoging waarop elke speler trots kan wees.

Hier is mnr. Jahno Geldenhuys saam met die trotse o.11’s wat met 9 paaltjies gewen het.
Net so het die o.11A-span hul staal gewys teen Laerskool Excelsior. Met entoesiasme en goeie spanwerk het hulle die tempo van die wedstryd bepaal. Skerp veldwerk en gefokusde boulwerk het vroeg deurbrake gebring, terwyl die kolwers met selfvertroue gespeel het om die oorwinning te verseker.









