Laerskool Bellville-Noord loer in by Stellenbosch Woordfees
ADVERTISEMENT
Die Groentjiesklub van Laerskool Bellville-Noord het die laaste drie dae van die September-vakansie ingeloer by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Eers het hul ‘n paar prettige speletjies gespeel en meer geleer van allerlei diere by die “Safari-aktiwiteite”, toe gaan kyk na die “Keiser se nuwe klere” en laastens ingeloer by “Pampoenpit kry ‘n groen gevoel”.Die drie verskillende spannetjies Groentjies het al drie die verskillende aanbiedings wat op kinders fokus baie geniet.
Die derde groepie Groentjies is hier saam met die woelige akteurs, asook die hoofkarakter Pampoenpit, na afloop van “Pampoenpit kry ‘n groen gevoel”.










