Laerskool Bastion krieketspelers slyp hul vaardighede vir die krieketseisoen
ADVERTISEMENT
Dit is nou wel steeds die derde kwartaal, maar Laerskool Bastion maak solank gereed vir die sport van die vierde kwartaal. Onlangs is daar ‘n krieketkliniek aangebied vir leerders sodat hulle voor die aanvang van die seisoen, hul vaardighede kon slyp. Hierdie kliniek is aangebied deur spelers en die afrigtingspan van die WP-vrouekrieketspan, so dis beslis kundige raad en tegnieke wat vir die skoolkinders geleer is.










