Vier Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria leerders is na afloop van die Khaya Majola Krieketweek vir die Northern Champions Cubs-span gekies
ADVERTISEMENT
Vier Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria leerders is na afloop van die Khaya Majola Krieketweek vir die Northern Champions Cubs-span, wat 3-7 Januarie in Stellenbosch aan die CSA Cubs week deelneem, gekies. Baie geluk aan Ruben Groenewald, Jorich van Schalkwyk, Vihan Pretorius en Divan de Villiers. Divan de Villiers het ook die SA Skolespan gehaal nadat hy as die beste veelsydige speler by die toernooi aangewys is. Mooi skoot, manne!












