Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria leerders het aan die Wêreld Robotika Olimpiade deelgeneem
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria leerders Quinn Pollard en Stean Visser, beide gr. 9, het onlangs in Izmir, Turkye, aan die internasionale finaal van die Wêreld Robotika Olimpiade deelgeneem. Hier het hulle teen skole van regoor die wêreld kompeteer, teen spanne wat se gemiddelde ouderdomme tussen 17 en 19 gewissel het. Hulle eindig 64ste uit 104 spanne! Baie geluk, manne!













