Laerskool Bakenkop se o.9A krieketspan is die beste in die Titans B bond groepering
ADVERTISEMENT
Laerskool Bakenkop se 0.9A krieketspan o.l.v. Mnr Maartin du Toit het 3de in die liga geëindig en was deel van die uitspele vir die B bond stadsbeker. Hulle het teen Generaal Hendrik Schoeman in die semifinale gewen en speel toe teen Southdowns College in die finale. Hulle het terug geveg in hierdie uitspele en wen met 8 paaltjies. Hulle is die beste 0.9 span in die Titans B bond groepering! Baie geluk seuns en Mnr Maartin! Ons is baie trots op julle!











