Laerskool Aliwal-Noord o.7-span wys hul krag op die rugbyveld
ADVERTISEMENT
Die o.7-rugbyspan van Laerskool Aliwal-Noord het die afgelope naweek aan ’n opwindende rugbydag by Universitas Primêre Skool deelgeneem. Die jong spelers het hul talent en entoesiasme getoon en deurgaans goeie spel gelewer.
LSAN het hul veldtog begin met ’n stewige vertoning teen President Brand. Beide spanne het sterk verdediging getoon, wat gelei het tot ’n 0–0 gelykopuitslag.
In hul tweede wedstryd het LSAN teen Sand du Plessis gespeel. Die span het mooi samewerking getoon en daarin geslaag om die enigste drie van die wedstryd aan te teken, wat hulle ’n 1–0 oorwinning besorg het.
Die laaste wedstryd teen Onze Rust was weer ’n spannende affêre. LSAN het hul momentum behou en nóg ’n drie gedruk om die wedstryd met 1–0 te wen.









