HTS Drostdy leerders woon die SA o.19 Vrouekamp by
ADVERTISEMENT
HTS Drostdy is baie trots op Mia-Lize van der Vyver, Lizé de Waal en Daneli Boshoff wat deel was van die SA o. 19-vrouekrieketkamp wat die afgelope naweek in Pretoria plaasgevind het. Hierdie kamp, ’n samewerking tussen Krieket Suid-Afrika en die SA20, fokus op hoëprestasie-ontwikkeling en voorbereiding vir die 2027 o. 19-vroue-T20-wêreldbeker. Om drie van die 25 spelers uit een skool te hê, is voorwaar ’n besondere prestasie. Julle harde werk werp vrugte af – ons is ongelooflik trots!









