HS Witteberg se onder 14A rugbymanne neem twee bekers huistoe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg in Bethlehem se o.14A rugbymanne vat nie net een nie maar twee bekers huistoe na afloop van die 2022 rugbyseisoen.
“Die seisoen het rof begin maar ons het hom mooi geëindig, ons sien uit om vir die volgende vier jaar vir dié skool rugby te speel. Daar is egter net 1 skool”, sê Cobus Labuschagne, die o.14A rugbykaptein van Witteberg. Labuschagne het Maandag by die skool se opening sy mede skoliere toegespreek en het gespog met sy span.
Die o.14 A span het op die jaarlikse interskole teen Voortrekker met ‘n telling van 0 – 24 verloor. Dit het beslis nie die st’6e van Hoërskool Witteberg gestop om aan te hou werk nie. “Die afrigters, Mnr. Dolf van Rensburg en Mnr. Leonard Jacobs het werklik waar effort ingesit en saam met hulle seuns die pad verder gestap, ons is baie trots op hulle”, sê Gustav Dreyer die skool se bemarkingshoof. “Dit is ‘n groot oomblik vir die skool en pas so mooi in met die prentjie wat ons wil skets vir die volgende 5 jaar”, het Dreyer bygevoeg.
Die span het by die Sentrale skole Reeks finaal weer kragte gemeet teen Voortrekker en dié liga beker gelig na ‘n telling van 17 – 5. Na die reeks het die manne hul fokus verskuif na die Griffons liga semi-finaal. Witteberg wen toe Welkom Gimnasium 17-14. Saterdag 13 Augustus kompeteer die manne weer teen Voortrekker en wen uiteindelik die Griffons Liga met 20-17 teen Voortrekker.

Voor v.l.n.r.: Ean Scheepers, Dumisane Johnson, Malik Haward, Cilermo Carolus, Jason Gaven, Cobus Labuschagne, Divan Marais, Kyle Nel, Mpho Motholo, Ewan Nieuwoudt, Jan-Daniel Cilliers.
Agter v.l.n.r.: Cobus van Pletzen, Ruan Pelser, Nathan Aneke, Mila Oerson, Jacques Jordaan, ML Pierce, Jacques Bester, Ruwan Badenhorst, Buks Davel.









