Laerskool Aliwal-Noord ATKV-tak vier Wêreldboekdag
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal-Noord ATKV-tak vier Wêreldboekedag in Alie-Land. Die Laerskool Aliwal-Noord se ATKV-tak Alies het op 5 Maart Wêreldboekedag gevier. Leerders is met kleurvolle plakkate gemotiveer om meer te lees, en twee leerders het elk ’n boek gewen wat deur Jaco Jacobs geskryf is. Geluk aan Danté Vorster en Elizna Peyper, wat as die gelukkige wenners aangewys is.














