Laerskool Worcester-Oos vier Wêreldboekedag
ADVERTISEMENT
Elke jaar word Wêreldboekedag op 23 April gevier. Maak almal bewus van die lekkerte van lees en al die interessante boeke om ons!Laerskool Worcester -Oos het vanjaar ons onderwerp kook, bak, kos, resepte, stories oor kos, ens. gemaak.
Ons tema was: voorskoot-en-boekedag.
Leerders het entoesiasties voorskote aangetrek, hulle resepte kom voordra en party het ook vir elke maatjie ‘n proeseltjie saamgebring skool toe! Heerlik!










