Laerskool Helderkruin vier ongelooflike Graad 7-leerder se hope krieket-talent
ADVERTISEMENT
’n Hart vol dankbaarheid Wow! Keagan Keulder, ons ongelooflike Graad 7-leerder met hope krieket-talent, het ons harte diep geraak.Na die krieketfinaal ’n paar dae terug het Keegan, sonder om gevra te word, sy medalje aan klein Joshua van As geskenk – net om sy aand besonders te maak. Marius van As deel:
“Keagan, jy het Joshua se aand vir hom só spesiaal gemaak. Ons ken jou nie eers nie, maar jou pragtige gebaar en nederigheid wys watter mooi mens jy is. Jou God-gegewe talent en nederige houding gaan jou ver bring. Weereens dankie vir jou mooi gebaar.” Keegan, Laerskool Helderkruin is trots op jou! Jy wys dat ware Kruiner-kampioene nie net op die veld skyn nie, maar ook in hulle harte.
![]()










