Laer Volkskool kraai koning by die Interdistrikte gala
ADVERTISEMENT
Die Karoospan het hierdie jaar weereens koning gekraai by die Interdistrikte gala! Dit is die tweede jaar in ‘n ry wat die Karoospan die trofee kry. Laer Volkskool se swemmers het baie waarde toegevoeg tot die Karoospan.
JJ van Schalkwyk het gesorg vir ‘n rekord in die borsslag vir seuns o.10.
Agt leerders spog met medaljes vir hulle individuele deelname.
- Emaré Naudé – Goud, Silwer, Silwer
- JJ van Schalkwyk – Goud, Silwer, Silwer
- Naudé van der Merwe – Goud, Silwer
- Annabelle Kruger – Silwer
- Franco Wolfaardt – Brons, Brons
- Gustav Vermeulen – Brons
- Helé Ochse – Brons
- Hanné Alberts – Brons
Die aflosspanne was uitstekend en die Karoospan het by Dogters o.10 en seuns o.10 nuwe rekords opgestel, asook by Dogters o.13. Dit was ‘n heerlike dag langs die swembad. Dankie aan Union High vir die aanbied van die gala.

voor: Helé Ochse, Hanné Alberts, Emaré Naudé
Agter: JJ van Schalkwyk, Franco Wolfaardt, Annabelle Kruger, Naude van der Merwe, Gustav Vermeulen









