Laerskool Eikestad leerling spog met 2de plek by Nasionale Radikale Redenaars
ADVERTISEMENT
Laerskool Eikestad leerling Matthew Kerr-Fox het die naweek van 18 November in Boksburg by die Nasionale Radikale Redenaars ‘n 2de plek behaal. Daar was slegs ‘n 0.5% verskil tussen die 1ste en 2de plek! Hierdie prestasie is noemenswaardig aangesien Matthew eers hierdie jaar met Redenaars begin het. Matthew is ook by die Stellenbosch Kunswedstryd as die beste gr. 7-seun in Woordkuns aangewys. Baie geluk, Matthew! Laerskool Eikestad is trots op jou.










