Kuswag Laerskool krieket op sy beste
ADVERTISEMENT
Kuswag Skool se o.13 krieketspan het groot deursettingsvermoë en spanwerk getoon toe hulle die warm weer trotseer het in hul wedstryd teen Umbogintwini Primary School. Ten spyte van die uitdagende hitte het die seuns met vasberadenheid gespeel, mekaar ondersteun en ware sportmanskap gewys. Hulle harde werk en toewyding op die veld is ’n bewys van hul oefening en spangees.Welgedaan, Kussies – ons is ongelooflik trots op julle puik prestasie en die manier waarop julle die skool se naam hoog gehou het!










