Krieket prestasie vir Hoërskool Kathu
ADVERTISEMENT
Zian van Hoërskool Kathu het deelgeneem aan die o.17 Noord-Kaap Platteland Krieketweek wat in Nelspruit plaasgevind het. Onder leiding van hul afrigter, mnr. Gerhard Marais, het die span ’n uitstekende prestasie gelewer en derde plek in die toernooi behaal. Ons is ongelooflik trots op jou en die span – hou aan om Hoërskool Kathu se naam hoog te hou!













