HTS Drostdy leerder deel van die Elite player Development groep
ADVERTISEMENT
HTS Drostdy is baie trots op Anayo Egbujor (graad 10) wat onlangs as deel van SA-Rugby se EPD-groep (Elite Player Development) gekies is. Hierdie groep sal vanaf 5 tot 11 Oktober by HJS Paarl bymekaar kom om deur die voorste skolerugbyafrigters evalueer te word. Anayo moes ongelukkig ook onlangs ‘n skoueroperasie ondergaan, maar sal steeds die geleentheid bywoon. Ons wens hom sterkte toe en glo dat hy die ervaring sal geniet.










