HS Witteberg het vier ligatitels in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks gewen
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg het groot rede om trots te wees nadat die skool met vier ligatitels weggestap het in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks. Tydens ’n spesiale prysuitdeling in Bloemfontein is die afrigters vereer vir hul spanne se prestasies, waaronder ook ons 1ste Dogtershokkiespan, wat as ligawenners gekroon is. Uit die agt skole wat aan die reeks deelgeneem het, het die volgende Witteberg-spanne bo uitgekom as die beste vir 2026:
- 1ste Dogters-hokkiespan
- o.15B Rugbyspan
- o.16B Dogters-hokkiespan
- o.15B Netbalspan
Foto van links: Me. M Myburgh (Afrigter: 1ste Dogtershokkie), Mnr. C van der Nest (Sporthoof), Me. K Labuschagne (Afrigter: o.16B Dogtershokkie), Mnr. C Carstens (Afrigter: o.15B Rugby) en Me. C Ackerman (Afrigter: o.15B Netbal)










