Hoërskool Ermelo leerders gekies vir SA-Bokkies tydens AVS-Somerweek
ADVERTISEMENT
Die AVS-somerweek het op 3 Oktober te Oos-Moot plaasgevind. Danielle Hatingh het die o.15-snelbalspan (Fast 5) van Hoëveld verteenwoordig. Lenize Nel en Katelyn Potgieter is in die o.17-Hoëveld snelbalspan ingesluit. Lenize Nel(o16) is gekies vir die o.17 Fast 5 Gazelle-span.
Lenize Nel
By die Woema-hokkie (sewes-hokkie) het Jani Uys, Elizca Lotz, Esphané van der Linde, Thalia Jansen van Rensburg en Diani Jacob aan die week deelgeneem. Diani Jacob is gekies vir die o.15 woema-hokkie se Gazelle-span en Elizca Lotz en Jani Uys is gekies vir die Presidente-span.
Jani Uys, Elizca Lots en Diana Jacob
Die volgende seuns het aan die sewes-rugby deelgeneem: Janco Claassen, Ulric Badenhorst, Luan Greyling, Armand Coetzee, Jannie Jacobsz, Drian du Plessis, Nicolas Steyn, Wikus Steyn, Francois Homan en Edwin Smit. Janco Claassen en Ulric Badenhorst is gekies vir die o.16 sewes-rugby se Presidente-span en Jannie Jacobsz en Drian du Plessis vir die o.14 sewes-rugby se Presidente-span. Dian van Aarde het aan die krieket deelgeneem gedurende die week. Baie geluk aan elke Hoërskool Ermelo leerder wat gekies is en uitstekend gevaar het tydens die toernooi. EHS is trots op elkeen.
Ulrich Badenhorst, Jannie Jacobsz, Drian du Plessies en Janco Claassen










