SA-Kampioen Perderuiter is van Hoërskool Die Wilgers
ADVERTISEMENT
SA-Kampioen Perderuiter is van Hoërskool Die Wilgers. Schalk Scheepers, ‘n graad 11-leerder, het saam met sy talentvolle perd, Bea, deelgeneem aan die Nasionale Kampioenskappe vir Western Mounted Games wat by die Afridome in Parys, gehou is. Die twee het hul teenstanders behoorlik laat regop sit met ‘n reeks uitmuntende prestasies. Schalk behaal verskeie 1ste, 2de en 3de plekke en eindig algeheel in die 10de plek op Vlak 7, asook eerste in die skole-liga op Vlak 4, wat dan ook die hoogste vlak in die sport is.
Schalk se toewyding en harde werk, tesame met Bea se vernuf en spoed, het hulle tot hierdie oorwinnings geneem en bewys dat hulle ‘n formidabele span is in Western Mounted Games. Dié prestasies spreek van uitstekende spanwerk, passie vir die sport en ‘n ware liefde vir perde. Schalk en Bea het nie net op die Nasionale verhoog presteer nie, maar ook hul skool se naam met eer uitgedra.
Schalk Scheepers
Jayden Du Toit Gr 8
Ruiter










