Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Ruitersport uitslae
ADVERTISEMENT
Die 2024-ruitersportspan bestaan uit 45 ruiters. Van hulle het die 17de en 18de Februarie aan SANESA se eerste kernliga deelgeneem en uitmuntend presteer. Die meisies met hulle Affie-ruiterdrag en hulle perde met die Affie-saalkleedjies het talle komplimente gekry. Die Affie-ruiters kon van ‘n afstand af tussen die ander ruiters onderskei word.
Tydens die eerste kwalifiseerder het die ruiters ‘n allemintige 20 eerste plekke behaal.
Die 20 eerste plekke is deur die volgende ruiters en hul perde verower:
- Leonay Abrahamse (Gr 8 x 3 met haar perde Royal Nobela, Montana en Kiffany
- Layla Hunter (Gr 9) x 3 met Diamonds Nikita en Butterbean Ivoor
- Lutri Serfontein (Gr 9) x 3 en haar perd Amiratus Orion
- Kirsten Louw (Gr 9) x 2 met haar perd Black Arrow
- Kathryn Louw Gr 8 x 2 en Victoria Secret
- Mienke Kruger (Gr 8 x 2 met Promac Dawn
- Madison Botha (Gr 10) x 2 en haar twee perde, Ekeneb Winter en Premier Eclipse
- Carla van Breda (Gr 9) en Majestic Thunder
- Lisa Joubert (Gr 9) met Rooigras Aragula
- Helena Kearney (Gr 8) en Morganhurst Allegra
7 x 2de plekke is deur die volgende ruiters behaal:
- Madison Botha (Gr 10) x 3
- Lutri Serfontein (Gr 9)
- Helena Kearney (Gr 8)
- Sophia Louw (Gr 10)
- Sienna du Toit (Gr 9)
12 van die 3de plekke is behaal deur:
- Leonay Abramse (Gr 8) x 5
- Lutri Serfontein (Gr 9) x 2
- Sienna du Toit (Gr 9) x 2
- Helena Kearney (Gr 8)
- Lisa Joubert (Gr 9)
- Marseille Grobler (Gr 9)
Daar is ook 5 x 4de plekke, 7 x 5de plekke, 3 x 6de plekke, 5 x 7de plekke, ook 5 x 8ste plekke en nog baie meer deur die ruiters ingepalm. Baie geluk aan elke ruiter en haar pragtige perd. Dit is regtig puik prestasies. Ons is baie trots en sien uit na nog uitmuntende resultate tydens die volgende kwalifiseerder op 9 en 10 Maart.
x


























