Laerskool Wierdapark ruiters verower Gauteng Klere van SASCOC
ADVERTISEMENT
Baie Geluk aan die volgende ruiters wat gekies is om Gauteng te verteenwoordig by die SA Skouspring Kompetisie. Logan Hoek (Gr.7) en sy ponie Cornerstone’s Hotshot is 1/5 uit 33 leerders wat gekies is vir die “Open Rider” . Lianka Grobler (Gr.7) ruiter en haar ponie Penny Black is gekies vir die Open Ponie Equitationspan en ook vir die 1m skouspringspan wat 1/5 uit 69 leerders, en Chantess Burgers (Gr.7) en haar perd Cornerstone’s Her Highness is 1/5 uit 116 juniors wat gekies was vir die 1m Juniorspan. Al 3 Wieries verower hulle Gauteng Klere van SASCOC en sal as individueel en in spanverband aan die SA Skouspring kompetisie deelneem wat plaasvind by KPC van die 28 Junie – 6 Julie 2025. Ons wens hulle net die beste toe, Baie Geluk Wieries!!!













