HS Robertson rugbyspelers gekies om vir Boland uit te draf
ADVERTISEMENT
Dit is met groot opgewondenheid en trots dat ons gister verneem het dat vier lede van Hoërskool Robertson se eerste rugbyspan, Ishan Timmie, Petri Van Dyk, Helgard Bruwer en Bernardo Diedericks, in die Boland-spanne van hul onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem is.
Die manne het verlede week aan die onderskeie rondtes proewe in Wellington deelgeneem en het gister die goeie nuus ontvang dat hulle gekies is om vir Boland uit te draf.
Mnr. Warnich is ook as voorspelerafrigter van die Boland Akademie-span aangewys.
Baie geluk aan hierdie spelers en Mnr. Warnich. Dit wil nou gedoen wees!
Hierdie spanne gaan deelneem aan die kustoernooi te Oudtshoorn oor die langnaweek. Na afloop van hierdie toernooi sal die finale Cravenweek- en Akademiespanne bekend gemaak word.
![]()















