Hoërskool Zwartkop se o.16 hokkie maak naam in die Kaap
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop hokkie se o.16’s maak naam by toernooi in die Kaap. Die o.16 A seuns- en dogterhokkiespanne het in die Kaap aan die Belgotex u16 Challenge Cup deelgemeen.
Die o.16 A dogters se uitslae is as volg:
- ZWK wen teen HS Upington 6 – 0
- ZWK wen teen HS Fairmont 4 – 0
- ZWK wen teen Langenhoven Gimnasium 6 – 1
- ZWK wen teen HS Linden 2 – 0 tydens die semi-finaal
ZWK speel tydens die finaal 1 – 1 gelykop teen Midstream College en wen 2 – 0 met 8sec shoot-outs. Die dogters is die algehele wenners van die toernooi! Sarah Gouws is aangewys as die top goalscorer èn speler van die toernooi wat ‘n indrukwekkende prestasie vir ‘n 15 jarige is. Baie geluk, Sarah!
Die o.16 A seuns se uitslae is as volg:
- ZWK verloor teen Bridge House 1 – 2
- ZWK wen teen HS Waterkloof inv. 3 – 2
- ZWK verloor teen Reddam House 1 – 3
- ZWK gelykop teen Langenhoven Gimnasuim 1 – 1
- ZWK wen teen HS Upington 2 – 0
Baie geluk aan die o.16 spanne!
















