Hoërskool Zwartkop muurbal is puik
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop muurbal is puik. 8 van Hoërskool Zwartkop se junior muurbalspelers het onlangs aan die NJSA (Northern Junior Squash Association) se geslote toernooi te Pretoria deelgeneem. Die Zwarries se Teonie Badenhorst is as die Noord Transvaalse Ope muurbalkampioen in die dogters o.14-kompetisie aangewys met nog ‘n Zwarrie, Kaitlyn van Wyk, in die tweede plek.
Juan Corne Brand is ‘n onder 14 speler wat die Noord Transvaalse Ope kampioen in die o.16 seunskompetisie is. Chante Leppan het ‘n intrukwekkende 2de plek in die dogters o.16 afdeling gekry. Die muurbalsensasie, Luhann Groenewald (16) is die Noord Transvaalse Ope kampioen in die seuns o.19-kompetisie.
(van links na regs)Voor: Chante Leppan, Teonie Badenhorst, Kaitlyn van Wyk Agter: Luhann Groenewald, Juan Corne Brand, Frederik Botha










