NWU Prestige Sportreeks 2022 draai in Hoërskool Zwartkop se guns
ADVERTISEMENT
NWU Prestige Sportreeks 2022 draai in Hoërskool Zwartkop se guns. Hoërskool Zwartkop se deelname aan vanjaar se NWU-Sportreeks is definitief ‘n hoogtepunt aan die begin van die wintersportseisoen. Van die 16 skole wat deelgeneem het, eindig die Zwarries algeheel in die tweedeplek.
In die rugby-afdeling van die NWU-reeks het die Zwarries in die 4de plek geëindig. Die netbal het ook ‘n alghele 4de plek ingepalm. Die dogtershokkie het verras met ‘n besonderse 3de plek in vanjaar se reeks. In die kleiner sportsoorte het die Zwarries skoonskip gemaak deur algeheel 1ste te eindig. Die kleiner sportsoorte bestaan uit skaak, landloop, tennis, seunshokkie en gholf. Hoërskool Zwartkop het eerste plekke in die skaak, landloop, tennis en seunshokkie teen die 16 ander skole behaal wat dus die trofee vir die kleiner sportsoorte verseker het.
Die finale puntestand vir die reeks is dus as volg met Hoërskool Noodheuwel in die eerste plek, Hoërskool Zwartkop kort op hul hakke in die tweede posisie en Hoërskool Rustenburg wat die derde plek beklee.
NWU Sportreeks 2022 medaljewenners










