Hoërskool Zwartkop danser dans Internasionale toekennings los
ADVERTISEMENT
Danica dans internasionale toekennings los. Danica Del Rio Maree het gedurende die skoolvakansie, Suid-Afrika by die SABOD IDO African Dance Championships – Battle of the Giants én by die Get the Beat (GTB) World Finals Qualifier South Africa 2025 gaan verteenwoordig. Sy het altesaam 9 medaljes, 3 trofeë, 6 goue kaartjies en 3 spesiale toekennings verower – met uitstaande prestasies in ondermeer Acro, Lyrical, Ballet, Showdance, Jazz en Improv.
By GTB is Danica ook aangewys as Champion of Champions en gekies om Suid-Afrika by die World Finals Champion of Champions in Singapoer in Desember 2025 te gaan verteenwoordig.












