Hoërskool Volksrust Senior Rugby werk hard vir die eer om die Geeltrui te dra
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust Senior Rugby werk hard vir die eer om die Geeltrui te dra. Hoërskool Volksrust se senior rugbygroep neem deel aan ʼn rugby dag te Ferrum, Newcastle op 11 Februarie 2023. In nat toestande speel die Volkie seuns met baie selfvertroue om aan die einde te wen met ʼn telling van 37-3 teen Hoërskool Werda van Durban.
Die Volkies se besluitneming op die veld het baie verbeter sedert die oefenwedstryd teen Hoërskool Sarel Cilliers. Verblydend om te sien dat die spelers wat tydens die week aan gewerk is, begin toepas. Volkies se skrum domineer weereens op die veld en sal voortbou wat vir ons voorvoet bal gee en uitstekende aanvalsgeleenthede.
Volkies berei hard voor vir die eerste PUK-16 wedstryde wat 25 Februarie 2023 sal plaasvind teen Hoërskool Ferrum te Newcastle. ~mnr. Petrus Schoeman~










