Ligbron Akademie vir Tegnologie loop rugby opponente plat
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyspanne was die afgelope naweek onstuitbaar en het in die een kragvertoning na die ander vir Hoërskool Eldoraigne oorrompel.
Die Liggies het Saterdag hul eerste wedstryde in die Skildafdeling vir die Virseker Noordvaal Cup gespeel. Die Liggies het oorheers met uistekende spanwerk en vasberadenheid wat Eldorainge ontkant gevang het. Die dag was ‘n fees van drieë vir Ligbron.
Die eerste span het hul wedstryd gemaklik gewen. Hul agterlyn het met spoed gekapitaliseer op gapings aan die buitekant van die veld, wat hul pad na die doellyn onbelemmerd gelaat het en hulle het drie van die Liggies se vier prag drieë gedruk. Die voorspelers se verdediging was soos gewoonlik ‘n fors om mee rekening te hou. Eldoraigne moes hard werk om deur hierdie groep sterk spelers te breek om punte aan te teken.
Die finale uitslae lyk soos volg:
- O.14 A 24 – 12
- O.14 B 31 – 10
- O.15 A 31 – 26
- O.15 B 19 – 5
- O.16 A 18 – 21
- O.16 B 20 – 0
- Derdes 16 – 5
- Tweedes 29 – 5
- Eerstes 28 – 14
Ligbron se rugbyspanne is gereed vir 2026 se rugbyseisoen. Die eerste en O.15 spanne het die toon aangegee tydens hul deelname aan Hoërskool Menlopark se Fairtree Sportfees.











