Hoërskool Upington SA Level 3 Swem Kampioenskapuitslae
ADVERTISEMENT
Johan Louw en Liebe Karsten het deel geneem aan SA Level 3 Swem Kampioenskappe te Sasolburg. Liebe het aan 6 items deelgeneem en haar uitslae lyk as volg:
- 50m borslag – 4de
- 50m vlinderslag – silwer
- 50m vryslag – goud
- 50m rugslag – silwer
- 100m vlinderslag – brons
- 100m vryslag – 4de
Johan het aan 10 items deelgeneem en sy uitslae lyk as volg:
- 400m vryslag – 6de
- 50m rugslag – 11de
- 100m vlinderslag – silwer
- 100m vryslag – brons
- 50m borslag – 8ste
- 200m IM – 7de
- 50m vryslag – goud
- 200m borslag – 7de
- 200m rugslag – 11de
- 50m vlinderslag- 4de
Baie geluk, Hoërskool Upington is trots op julle!
![]()










