Hoërskool Upington rugbyspelers opgeneem in die Cravenweek en Akademieweek groepe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington is ongelooflik trots op ons 11 rugbyspelers wat opgeneem is in die O/18 Cravenweek- en Akademieweekgroepe!
Hierdie is ’n besondere prestasie en spreek boekdele van die gehalte van Uppie-rugby, die harde werk van ons spelers en die kwaliteit afrigting waarin daar daagliks belê word. Om soveel seuns in hierdie groepe te hê, is iets waarop die hele Uppie-gemeenskap baie trots kan wees. Hartlik geluk aan elke speler wat vir hierdie Bondedag-spanne gekies is. Julle harde werk en toewyding word raakgesien en beloon. Hou aan om met trots en passie die Uppie-naam hoog te hou!




















