Hoërskool Upington rugbyspanne het aan die Kuruman 7’s Toernooi deelgeneem
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons Rugby 7’s spanne wat aan die Kuruman 7’s Toernooi deelgeneem het. Hoërskool Upington o.17A-span was die wenners van die toernooi na ’n kragmeting teen Diamantveld – eindtelling 26 – 19 vir Uppies! Hul o.17B-span het ook gewys waarvan hulle gemaak is en die Plaat Finaal gewen teen Hartswater met ’n telling van 28 – 7!









