Hoërskool Swellendam leerders vaar puik by die Redenaarskompetisie
ADVERTISEMENT
Op 19 Februarie 2026 was dit Hoërskool Swellendam se jaarlikse redenaarskompetisie. Daar was ‘n senior–(gr. 10–12) en junior-afdeling (gr. 8–12). Almal het interessante toesprake gelewer, maar van die toesprake het vir die beoordelaars, mevv. Sahnet Schoeman en Rika Mouton, uitgestaan!
In die Junior-afdeling was Anzél Gouws tweede en Mieke Smith eerste. In die Senior-afdeling het Greché Willemse ’n derde plek behaal, Mila Conradie ’n tweede plek en Simoné Bronkhorst ’n eerste plek. Ons wil graag vir juffrou Van Schalkwyk en die beoordelaars bedank vir hulle tyd en moeite om van hierdie geleentheid ’n sukses te maak.











