Hoërskool Kalahari leerder skitter by WITS Redenaars
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Karli Meyer van Hoërskool Kalahari met haar uitstekende prestasie tydens die WITS Redenaars-streeksuitdunne!
- Voorbereide Redenaars: 90% (A++)
Onvoorbereide Redenaars: 85% (A+)
Karli het haarself en Hoërskool Kalahari met groot selfvertroue, insig en oortuiging verteenwoordig. Ons is ongelooflik trots op haar prestasies en die wyse waarop sy haar stem laat hoor het.
Ons hou duim vas vir die aankondiging van die deelnemers wat op 5 Augustus na die Nasionale Rondte deurdring. Sterkte, Karli – ons glo in jou!










