Hoërskool Swellendam atleet verbaas almal met haar talent
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam atleet Ilandrie du Plessis het die afgelope seisoen begin om in die o.17 landloopkategorie te kompeteer. Sy verbaas weer almal met haar uitmuntende talent en behaal ‘n 1ste plek in beide Robertson se Reeks- en Worcester se Interdistrikte byeenkoms. Ilandrie geniet hierdie geleenthede vreeslik, aangesien “al die mense vriendelik en spontaan is” en net oor die algemeen ‘n geesdriftige gevoel by die byeenkomste ervaar. Die Interdistrikte byeenkoms was ook die 1ste rondte om SA kleure te verwerf. Ons wens vir Ilandrie baie sterkte toe met die volgende Boland- byeenkoms.

Janica Schutte









