Hoërskool Swellemdam atletiek prestsies
ADVERTISEMENT
Wat ’n ongelooflike atletieknaweek van 26 tot 28 Februarie! Hoërskool Swellendam atlete het aan twee afsonderlike byeenkomste deelgeneem. Die eerste was die ASA-atletiekbyeenkoms, waar Dante Arries ‘n brons medalje behaal het in die mans 0.18-driesprong. Die tweede was die Boland-atletiekbyeenkoms, waar 27 atlete Hoérskool Swellendam verteenwoordig het. Die volgende prestasies is behaal:
- Zané Kotze: 3 x goud
- Elske Burger: 1 x silwer
- David Kapp: 1 x goud
- Benji du Toit: 1 silwer
Ons is ongelooflik trots op elke atleet wat deelgeneem en die skool met trots verteenwoordig het tydens hierdie besondere atletieknaweek.










