Hoërskool Swartland atlete leer onder kundigheid hamergooi
ADVERTISEMENT
Op 16 September 2023, kon Hoërskool Swartland atlete en van ons besoekende laerskool atlete onder die kundigheid van Leon Spies leer om hamergooi te beoefen. Die atlete het geleer wat die korrekte hamergooigreep is, hoe om die hamer suksesvol af te lewer en het selfs geleer hoe om ‘n draai te doen in die sirkel. Hierdie kliniek was gemik op die blootstelling aan hamergooi as sport asook die identifisering van talentvolle atlete. Dankie aan Leon Spies, Jaunu Olivier en Graydon Fabe van die DK Hamergooi Akademie wat die dag as instrukteurs opgetree het. Baie dankie aan die volgende borge wat die dag moontlik gemaak het:
Kekkel en Kraai SA
Smokey Joe’s
Manzi Water
Ultra Liquors Malmesbury
Kekkel en Kraai Malmesbury
Henk’s Vleismark
Darling Romery
Malmesbury Voortrekkers en Mnr. Patrys Bester.
‘n Spesiale dank aan juffrou Gerda van den Bergh wat die kliniek gereël het en haar passie aan ons atlete oordra. Ons sien uit na die komende seisoen.


















