Hoërskool Swartland leerder se kunswerk staan uit
ADVERTISEMENT
Lisa Janse van Rensburg (gr. 11) se kunswerk is gekies vir die Rethink Irma Stern WKOD-projek uitstalling by die wêreldbekende Irma Stern gallery. Dit is ‘n besonderse prestasie en ons is saam met haar Visuele Kunste onderwyseres, me. Celeste Arendse, ongelooflik trots op Lisa. RSG het haar ook genooi vir ‘n onderhoud om hierdie merkwaardige prestasie te bespreek. Baie geluk, Lisa Hoërskool Swartland is trots op jou!












