Groot Interjol 2023: Hoërskool Upington se eerstespan rugbykaptein gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan rugbykaptein van Hoërskool Upington oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Eerstespan Rugbykaptein: PA Karsten
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?My hoogtepunt is definitief die feit dat ons span die jaar nog nie verloor het teen ‘n span in die Noord-Kaap nie, en ons is baie naby aan om liga-wenners te wees.
Hoe motiveer jy jou span? Die meerderheid van ons span is matriek, dus is ons motivering die feit dat ons amper klaar met skoolrugby is en nie een van ons wil ons matriekjaar swak eindig nie.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Ons het twee onderkapteine, Khayalenkosi en Emlyhn. Hulle staan my by deur om ons manne altyd aangeskakel voor ‘n wedstryd en by oefeninge te kry.
Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit? Ons sien baie uit vir Groot Interjol om ons skool rugbyloopbaan en Meneer Kotze se loopbaan as afrigter van die eerstespan goed af te sluit.
Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom? Siya Kolisi, hy lei sy spelers op die veld deur ‘n voorbeeld te stel en ek dink dit maak hom een van die beste kapteine ooit.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek gaan volgende jaar by Stellenbosch of Potch studeer en wil dan nog rugby vir die Universiteit speel.









