Groot Interjol 2023: Hoërskool Duineveld se eerstespan netbalkaptein gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan netbalkaptein van Hoërskool Duineveld oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Eerstespan Netbalkaptein: Sylene Terblanche
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Daar is `n paar. Ek sou sê dat dit ons bronsmedalje tydens die Sportmans Warehouse-toernooi in Paarl was, sowel as ons tweede plek by die Sentraal-toernooi en natuurlik ook ons eerste plek in die Noord-Kaap liga.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer my span deur hulle aan te moedig om ons oog op ons doelwitte te hou en daaroor te praat, en ook om elkeen se sterkpunte vir hulle uit te lig.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Joané Visser is ons onderkaptein en sy help my deur ons statistiek altyd op datum te hou, en sy bring energie na ons opwarminge en wedstryde toe.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Een van ons doelwitte was om aan die Suid-Afrikaanse Netbal Skoletoernooi te Roordepoort deel te neem en dit het vir ons die afgelope vakansie gerealiseer. Dit het my baie trots gemaak om te sien hoe ons as `n span saamgestaan het en tot die einde van elke wedstryd voluit gespeel het.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag Veeartsenykunde in Pretoria gaan studeer.










