Groot Interjol 2023: Hoërskool Duineveld o.19A seunshokkiespan
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die seunshokkie 4 en 5 Augustus.
AWSUM het met hulle afrigter Pieter Jooste gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by die Groot Interjol te wagte wees van julle span? Kortom, kan die ouers en die skool ’n taai stryd te wagte wees. Hoërskool Upington beleef vanjaar ’n fenominale seisoen, en dus kan hulle beslis as die welverdiende gunstelinge beskou word. Ons besef dat ons uitstekend sal moet speel om op die dag mededingend te wees, maar ons is reg vir die uitdaging. Almal in die span weet presies wat hul posisie op die veld van hulle vereis, asook wat ons spanstrategie is en wat persoonlik van elkeen verwag word – ons moet dit net op die dag toepas. Ek kan ouers verseker dat ons vanaf die eerste tot die laaste fluitjie voluit sal speel en aantreklike hokkie ten toon sal stel. Ek weet dat die seuns alles in die stryd gaan werp om hulle ouers en die skool trots te maak. Op ’n persoonlike vlak verwag ek dat die seuns die wedstryd sal geniet, voluit sal speel, en dat die spangees wat vanjaar gevorm het ook op die veld weerspieël sal word.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Die seuns het hierdie jaar hard gewerk aan hul vaardighede, veral om hul fiksheid te verbeter. Ons oefensessies het, tydens die inoefening van wedstryd scenarios, ook deurlopend fiksheid inkorporeer. Daar heers op- en van die veld af ’n gees van broederskap onder die seuns, en almal speel vir mekaar. Daar is geen supersterre in ons span nie – almal werk ewe hard vir die beswil van die span. Ons het ’n sterk, ervare leierskorps in ons span, en die seuns gaan sonder twyfel alles gee wat hulle het, omdat dit ook vir ses van die manne hul laaste Groot Interjol is. Terugstaan of tou opgooi bestaan nie in ons woordeskat nie, en daarin lê ons krag.
Hier is die o.19A seunshokkiespan van van Hoërskool Duineveld.
1. Philip Strauss OK – doelwagter
2. Robert van der Merwe – link
3. Joric Degé (K) – verdediger
4. Jan-Dirk Vollgraaff – verdediger
5. Christiaan Steenkamp – verdediger
6. Marko Greenberg – voorspeler
7. Lategan Stubbe – verdediger
8. Gehan Engelbrecht – verdediger
9. Eddie Smit – link
10. Tristan Strauss – voorspeler
11. Marco Moller – link
12. Vossie du Plessis OK – voorspeler
13. CP Kotzé – voorspeler
14. Charles Feris – voorspeler
15. HE Olivier – verdediger
16. Ewald van Rensburg – link
17. Zuko Mooi – link










