Hoërskool Strand kyk met trots terug na Atletiek 2023
ADVERTISEMENT
Francois Pietersen en Jordan Wynn-Vaaltyn het tydens die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe te Germiston uitstekend presteer. Francois het ‘n goue medalje in hamergooi gewen met ‘n briljante afstand van 56.75m (973 punte op die ASA-tabel). Jordan het ‘n goue medalje in ‘n skitterende 4x400m aflos gewen en ‘n sewende plek in die finaal van die 400m hekkies. Baie geluk met julle uitsonderlike prestasies. Hoërskool Strand is baie trots op albei hierdie atlete.
![]()










